The purpose of freemasonry is to promote personal growth and self-improvement.

Location Visit Us

Van Blerk Avenue, Spitskop, Bloemfontein, Free State, 9301

PROVINCIAL GRAND LODGE

Central Division

consultation

Make Contact

Call: 079 432 6631

Email: secretary@safreemasonfs.co.za

In Die Media

Kyknet Dagbreek: Onderhoud - Vrymesselaars

Transkripsie van Onderhoud

[Pierre Breytenbacht]
Jy het dalk net soos ek in die Sondagkoerant gelees van die nuwe Grootmeester, van die Kaapse Losie van die Vrymesselaars. Dit het ons nuuskierigheid geprikkel en ons het vir Watty Watson van die Groot Losie in Johannesburg genooi. Welkom, Watty.

[Watty Watson]
Goeiemôre, goeiemôre, na u luisteraars.

[Pierre Breytenbacht]
Wat is die geskiedenis van die Vrymesselaars? Hoe lank is dit al in die land?

[Watty Watson]
Daar is verskeie teorieë oor hoe lank die Vrymesselaars bestaan. Sekerlik die oudste organisasie ter wêreld wat ons ons kan navors. Die presiese tyd kan nie gegee word nie, maar ek kan jou vertel dat in die vroeë 1700's die eerste Groot Losie gestig is, en dit was in Engeland.

En daarna het dit wêreldwyd uitgebrei. Die Nederlanders, wat hulle hier in Suid-Afrika gevestig het, het hul eie Groot Losie gehad. En in 1772 is die eerste Vrymesselaars Losie van Suid-Afrika in Kaapstad gestig en dit is Losie de Goede Hoop.

[Pierre Breytenbacht]
Dit was fassinerend om te lees in die koerant dat die parlement op die Vrymesselaars se grond gebou is.

[Watty Watson]
Presies. Die ou Kaapse parlement, wat in 1854 begin is, is deur Vrymesselaars begin. En die eerste speaker van die parlement was niemand anders nie as sir Christoffel Brandt, die vader van Jan Brandt, die president van die Vrystaat. Hy was 23 jaar lank die speaker van die parlement, maar was terselfdertyd die adjunkgrootmeester van Nederland. Ons het ons Groot Losie 52 jaar gelede afgesig van die Nederlanders. En twee jaar gelede het ons ons 50ste bestaansjaar gehad.

En ons is baie trots om te sê dat ons 'n absoluut soewereine en onafhanklike Groot Losie in Suid-Afrika is. Maar ek moet jou iets vertel. Daar is steeds, want ons geskiedenis is van oornamings deur Engeland, en dan weer die Hollanders, en dan die instroming van Skotte en Iere, van orals af en ander nasies ook, met die ontdekking van goud en diamante.

Die Vrymesselaars het hand aan hand geloop. Ons het nog talle Groot Losies in Suid-Afrika, onder die Groot Losie van Engeland, en onder die Groot Losie van Ierland en Skotland. Maar ons werk lekker saam.

Maar hulle is verantwoordelik aan hulle Groot Losie oorsee, want ons het ons eie Groot Losie in Suid-Afrika. En hier is ons jaarboek.

[Pierre Breytenbacht]
Ek wou net sê, daar is amper 'n mite oor julle. Mense sê dit is 'n geheime besigheid. Julle sê nooit wat jy doen nie, hulle hou dit stil. Hoe kom is daar so 'n mite oor die Vrymesselaars?

[Watty Watson]
Jy weet, my kinders, wat almal groot is, en getroud is met hul eie kinders, maar toe hulle klein was, kon hulle vir jou vertel waaroor dit gaan. Want ons het niks van iemand weggesteek nie. Ons gee elke jaar 'n jaarboek uit. Ons gaan dit nou elektronies doen. Dit gaan direk op ons webwerf kom. Maar nee, sodat enigiemand dit kan lees. Ons webwerf is daar. Ons publiseer al die Groot Losies. Ons is in 'n goeie verhouding met 110 plus Groot Losies in die wêreld.

Maar as 'n orde wêreldwyd is dit so ja, dat in die jare toet dat almal dit vreeslik geheimsinnig gehou het. En ek dink ons ​​lede, veral die ou lede, het daarvan gehou om vir niemand iets te se nie. Net soos die Broederbond, wat later ontstaan het.

Jy het nooit geweet waar hulle is en wat hulle doen nie. ’n Vriend van my, wat ’n lid van die Broederbond was, het vir my gesê dat wanneer die vergadering by hulle huis was, die kinders weggestuur moes word om na ander plekke te gaan kyk.

[Pierre Breytenbacht]
Daar was 'n persepsie in die ou dae dat jy of aan die Broederbond of aan die Vrymesselaars behoort het. Was dit so?

[Watty Watson]
Kyk, die Broederskap is net ’n jong organisasie wat nou die dag begin het. In die vroeë 1920's het dit uiteindelik sy gestalte gekry. En die persepsie was dat die Broederbond gestig was om die Afrikane op te hef.

Hulle het uitstekende werk gedoen. Maar hulle, ek twyfel nie daaroor nie, hulle is deur Vrymesselaars gestig. Want hulle het ook rituele gehad wat hulle by ons geleen het.

En omdat die Afrikaner nie dardie tyd so volop was soos hulle maar nou ook is nie, was die enigste ding wat hulle kon doen om seker te maak dat hulle al die lede kry, om die Vrymesselaars sleg te hou. En dis waar hierdie storie bymekaar gekom het. En wat het hulle gebruik? Die kerk en die vroue.

[Pierre Breytenbacht]
Maar van die kerk gepraat, daar is mense wat sê, julle is n klomp duiwel aanbidders. Waaroor gaan dit? Blykbaar, soos ek in die koerant lees, laat jy slegs mense toe om by jou aan te sluit solank hulle 'n geloof het.

[Watty Watson]
Wel, kom ek verduidelik die mite oor die godsdiens en al die ander dinge. Baie van die mites rondom ons wat probeer om 'n gelowige te wees, is omdat ons na ons losie geboue verwys as tempels. En die rede daarvoor is dat die hele Vrymesselary, glo ek, gebore is uit die ou kruistogte waar die ou steenmesselaars, klipmesselaars , wat al daardie pragtige kerke gebou het, gebou is deur klipmesselaars wat hulself in losies georganiseer het.

En dit is waar 'n paar geheime na vore gekom het om hul professionele kennis te bewaar. Dit was hul geheime. Maar hierdie dinge het oor die jare, verander van operatiewe Vrymesselary na spekulatiewe Vrymesselary.

Ons beoefen steeds wat ons noem in Engels die "craft", die vak, maar ons doen dit simbolies. Met ander woorde, al daardie tekens, of ten minste die gereedskap van 'n regte bouer, en veral die klipbouers wat die dak, en die balke perfek vorm, is steeds deel van ons simboliek. Want nou bou ons, verskoon my, ons bou nie meer tempels nie, ons bou nou mense.

Want wat sê ons is Vrymesselary? Ons sê ons wil 'n goeie man hê. Ons wil hom die geleentheid gee om van homself ’n beter man te maak.

Sodat hy sy pligte kan vertaan teenoor sy staat, teenoor sy land, teenoor sy God, sy godsdiens wat hy beoefen, sy werk, en bowenal sy gesin, sy vrou, sy kinders, sy familie kan nakom. Die feit dat ons nie ateïste toelaat nie, is seker ook n bykomende rede waarom ons met die idee van geloof speel. Jy moet 'n gelowige wees.

Jy moet in 'n skepper glo. Ons diskrimineer nie of jy 'n Moslem is, of jy is 'n Katoliek, of 'n Gereformeerde, of wat ook al nie. Solank jy glo dat daar 'n God is 'n opperwese, 'n God wat jou geskep het, en dat jou lewe op aarde nie hier eindig nie.

Dat daar n hiernamals is. Andersins berei ons jou voor dat jy kennis moet hê, en die beste kennis is selfkennis. En dat jy moet werk, en dat jy sal sterf.

[Pierre Breytenbacht]
Nou sê mense, ja, maar jy diskrimineer, want 'n vrou mag nie by jou aansluit nie, maar wat van gay mans? Hulle praat van 'n man in die familie. Hoe werk dit?

[Watty Watson]
'n Man is 'n man. Dit maak nie saak wat sy kleur is, of wat hy doen na ure nie, 'n man is 'n man. Die organisasie is 'n broederskap.

Dit word gevestig as 'n broederskap, 'n "fraternity" in engels. Daar is geen manier dat 'n vrou deel van ons broederskap kan wees nie. Toe ek destyds die provinsiele groot meester van Transvaal was, het ek begin met die gedagte dat ons van Vrymesselary 'n familiebesigheid moet maak.

En ons het regtig daarin geslaag. Ek was Saterdag in Senekal en daar was amper meer vrouens by die geleentheid waar ons die 100ste herdenking van die Loosiedag gehad het. Amper meer vrouens as mans.

Omdat die ritueel en die werking in ons losie gebou is kan slegs net mans daar wees, maar daarna is ons families. En ons is baie trots daarop.

[Pierre Breytenbacht]
Ons is amper uit tyd, maar ons het gepraat oor simboliek en die soort dinge. Ek moet erken, die eerste keer wat ek van Vrymesselary gehoor het, was 'n vriend van my, sy pa, wat in 'n Loosie is. Ek was geskok om te hoor dat hulle meer welseinswerk doen as wat my kerk gedoen het.

[Watty Watson]
Al het ons nog 10 minute is dit te min of vir jou te se, maar kom ek vertel jou in Kaapstad waar die eerste Loosie is wat die oudste werkende Loosie in die Suidelike halfrond is, wat nog elke dag gebruik word. Die Loosies wat daar bymekaarkom, onder ons Provinsiale Groot Loosie, die Provinsiale Grootmeester daar het hulle 'n jaarlikse lentebal wat nou weer in Augustus gehou gaan word. Ek het een vir jou, jy kan dit hou gerus. Dit is een van die voorbeelde van hulle tydskrif vir die lentebal waar geld ingesamel word met die uitsluitlike doel om huise vir bejaardes en parapleë ensovoorts te skep. En dit word deur die Vrymesselary in stand gehou. So kan ek vir jou voorbeelde gee van Durban, Pretoria, hier in Johannesburg, Roslin Park is 'n outehuis huis wat deur die Vrymesselary in stand gehou word.

[Pierre Breytenbacht]
Maar nou so gepraat van die Kaapse losie net om af te sluit, daar was die geraamtes. Kan ons nou grap en sê die geraamtes in die kas?

[Watty Watson]
Ja, daar is verseker baie geraamtes. En in die ou dae was daar werklik gebeendere in die hand gekry. Ons het dis totaal verban uit ons losies uit.

Maar weet jy mos hoe is mense, jare en jare nadat, toe ons dit verban het, toe ontdek die polisie, want iemand wat kwaad was vir die Vrymesselary gese gaan kyk daar. En dit was waar. Daar is 'n saak gemaak en 'n boete is betaal. Erkenning van skuld.

En die geraamtes wat ons nou gebruik is plastiek, soos dié wat die studente gebruik. Dit is deel van die simboliek. Dit gaan nie daaroor goga maak vir baba bang nie.

Dit gaan daaroor dat dit deel van ons les is. Die dag wat jy gebore word, is jy op reis, en jy weet nie waar daardie reis sal eindig nie. Paulus het in die Bybel gesê dit is soos om n bootjie op 'n groot meer te vaar.

Jy weet nie watse groot storms vir jou wag nie. Jy weet nie waar jy gaan eindig nie. Maar intussen moet jy leer, jy moet werk, en dit is n hiernamals.

En in van ons simbolieke word daardie beendere gebruik om vir jou te sê, hierdie bene praat met jou, hulle sê, wat ek is, sal jy nog wees, en wat jy is, was ek eens.

[Pierre Breytenbacht]
Watty, baie dankie. Ek wens ons het nog tyd gehad. Dankie vir jou tyd.

[Watty Watson]
Jy is welkom.

[Pierre Breytenbacht]
Baie dankie. Watty Watson, die Grootmeester van die Groot Reg van Suid-Afrika, is 'n Vrymesselaar.

Read This Transcript in English