The purpose of freemasonry is to promote personal growth and self-improvement.
Visit Us
Van Blerk Avenue, Spitskop, Bloemfontein, Free State, 9301
Yearbooks
2024
Sentrale Afdeling Jaarboek
Central Division Yearbook
Alle reise begin met n besluit en n daadwerklike plan ,geen mens klim in n motor as hy nie reeds
vooraf weet waarheen hy of sy gaan nie. Wat hiermee gepaardgaan is n kinderlike gevoel van
opgewondenheid en voortuitsig op avontuur en sukses. Mense is gebôre optimiste en hierdie reis kan
potensieel baie voordele en groei tot gevolg hê. Dus moet ons n goed deurdagte plan en vaste
bestemming hê anders ploeter ons doelloos voort....
Hierdie planne is nie altyd maklik nie ,want mense hou nie van verandering nie, maar ongelukkig is
verandering ń integrale deel van groei. Geen noemenswaardige groei vind plaas sonder verandering
nie.
Die enigeste manier hoe ons kan wen en vorentoe gaan ,is om saam in een span te trek en te bou aan
ons Aloue Orde. Hierby sluit ek in, alle losies onder GLSA , maar ook susters konstitusies wat saam
met ons bou aan ń glorieryke toekoms in die Sentrale Afdeling.
Mag ons as Sentrale Afdeling hierdie jaar van krag tot krag gaan!
S.V. Br Marcel de Kock
Provinsiale Grootmeester Sentrale Afdeling
01 Maart 2025
Kliek gerus hier om ons jaarboek te besigtig